Etosha-brand: Nóg honderde soldate ontplooi

Loading player...
Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds ontplooide weermaglede om die brand op verskeie fronte te probeer blus. Kabinetsekretaris Emilia Mkusa het Saterdag ‘n noodvergadering belê om bykomende maatreëls in te stel. Die woordvoerder van die Kantoor van die Eerste Minister, Maxmus Halwoodi, het meer:
28 Sep 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC sê DA lieg oor Tshwane waterkrisis

Die ANC beskuldig die DA daarvan dat hulle 'n desperate verkiesingsveldtog voer deur valse berigte oor 'n finansiële en waterkrisis in Tshwane te versprei. Die party sê die DA oordryf diensleweringsuitdagings en ignoreer sy eie rol in verwaarlosing van infrastruktuur en finansiële wanbestuur gedurende sy ampstermyn. Joel Masilela ka Mahlangu…
5 Mar 2AM 1 min

Hegseth sê oorlog kan 8 weke duur

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die oorlog met Iran kan tot agt weke duur, wat langer is as wat president Donald Trump se administrasie aanvanklik gesê het. Ses Amerikaanse weermaglede is dood sedert die konflik verlede Saterdag begin het. Volgens menseregtemonitors is meer as ’n duisend burgerlikes,…
5 Mar 2AM 1 min

BoN en SARB hernu samewerking

Die goewerneurs van die sentrale banke van Namibië en Suid-Afrika het ‘n hersiene memorandum van verstandhouding onderteken. Dit het plaasgevind tydens Ebson Uanguta se hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy goewerneur Lesetja Kganyago, in Pretoria. Die ooreenkoms is 'n opdatering van die twee banke se 2015 ooreenkoms. Die bank…
5 Mar 2AM 1 min

Cyril beloof ondersteuning vir Suid-Afrikaners in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa sê die regering werk daaraan om Suid-Afrikaners te help wat gestrand is in lande wat geraak word deur die toenemende konflik tussen die VSA, Israel en Iran. Ramaphosa het tydens die Afrika Energie-indaba in Kaapstad die situasie as gevaarlik en moontlik verreikend beskryf. Hy sê repatriasie sal…
5 Mar 2AM 1 min

DA verwelkom terugkeer van 62 veteraanspeurders

Die DA sê die terugkeer van 62 veteraanspeurders na die Wes-Kaap om ou sake en bendegeweld aan te pak, toon die behoefte aan plaaslike polisiemagte. Die party voer aan provinsies met die hulpbronne en vaardighede moet toegelaat word om self ondersoeke en georganiseerde misdaad te behartig. Ian Cameron van die…
5 Mar 1AM 1 min