Etosha-brand: Geen plan nie en reaksie was te stadig

Loading player...
Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds afgebrand. Die omgewingsministerie het aanvanklik net parkbeamptes en ‘n weermaglede gebruik om die brand in bedwang te probeer bring. Eers teen Vrydag kon boere en ander vrywilligers toegang verkry om te gaan help. Sean Naude van Namibia Marshall Rangers sê die trae reaksie van die regering is betreurenswaardig:
28 Sep 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC sê DA lieg oor Tshwane waterkrisis

Die ANC beskuldig die DA daarvan dat hulle 'n desperate verkiesingsveldtog voer deur valse berigte oor 'n finansiële en waterkrisis in Tshwane te versprei. Die party sê die DA oordryf diensleweringsuitdagings en ignoreer sy eie rol in verwaarlosing van infrastruktuur en finansiële wanbestuur gedurende sy ampstermyn. Joel Masilela ka Mahlangu…
5 Mar 2AM 1 min

Hegseth sê oorlog kan 8 weke duur

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die oorlog met Iran kan tot agt weke duur, wat langer is as wat president Donald Trump se administrasie aanvanklik gesê het. Ses Amerikaanse weermaglede is dood sedert die konflik verlede Saterdag begin het. Volgens menseregtemonitors is meer as ’n duisend burgerlikes,…
5 Mar 2AM 1 min

BoN en SARB hernu samewerking

Die goewerneurs van die sentrale banke van Namibië en Suid-Afrika het ‘n hersiene memorandum van verstandhouding onderteken. Dit het plaasgevind tydens Ebson Uanguta se hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy goewerneur Lesetja Kganyago, in Pretoria. Die ooreenkoms is 'n opdatering van die twee banke se 2015 ooreenkoms. Die bank…
5 Mar 2AM 1 min

Cyril beloof ondersteuning vir Suid-Afrikaners in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa sê die regering werk daaraan om Suid-Afrikaners te help wat gestrand is in lande wat geraak word deur die toenemende konflik tussen die VSA, Israel en Iran. Ramaphosa het tydens die Afrika Energie-indaba in Kaapstad die situasie as gevaarlik en moontlik verreikend beskryf. Hy sê repatriasie sal…
5 Mar 2AM 1 min

DA verwelkom terugkeer van 62 veteraanspeurders

Die DA sê die terugkeer van 62 veteraanspeurders na die Wes-Kaap om ou sake en bendegeweld aan te pak, toon die behoefte aan plaaslike polisiemagte. Die party voer aan provinsies met die hulpbronne en vaardighede moet toegelaat word om self ondersoeke en georganiseerde misdaad te behartig. Ian Cameron van die…
5 Mar 1AM 1 min