SA se herverkiesing na ICAO-bestuursraad verwelkom

Loading player...
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die herverkiesing van Suid-Afrika tot die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie se Bestuursraad verwelkom tydens die 42ste Algemene Vergadering wat tans in Montreal, Kanada, plaasvind. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die verkiesingstemming het Saterdag plaasgevind, en Suid-Afrika is herkies in Deel II van die Algemene Raad, 'n kategorie waar lidstate hoër verteenwoordiging ontvang by globale forums wat handel oor burgerlike lugvaart:
29 Sep 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sesde Schumacher Bonsmara-veiling dalk grootste vanjaar

Die sesde Schumacher Bonsmara-veiling vind volgende week Dinsdag by die Agra/Bank Windhoek Ring, sowel as aanlyn plaas. Boere kan tot Maandag registreer. Kosmos 94.1 Nuus het met die teler Marc Schumacher gepraat oor die diere op aanbod.
1 Oct 11AM 1 min

Stad Kaapstad prys lugvaart vir ekonomiese groei

Stad Kaapstad sê lugvaart is ʼn hoeksteen van die metro se doelwit om ekonomiese groei te bevorder. In 2024 het die Kaapstad Internasionale Lughawe meer as 10-miljoen passasiers verwelkom en 75-duisend ton vrag hanteer. Vanjaar was daar reeds ʼn toename van agt-persent in plaaslike reisigers, en ʼn styging van vyf-persent…
1 Oct 11AM 1 min

Verlaging van stemouderdom 'positief vir demokrasie'

Die debat oor die verlaging van die stemouderdom van 18 na 16 duur voort. AR-parlementslid Tuhafeni Kalola het 'n mosie in die parlement ter tafel gelê waarin hy aanvoer dat as 16-jariges as volwasse genoeg beskou word om tot seks in te stem en aansoek te doen vir identiteitsdokumente, hulle…
1 Oct 10AM 1 min

Omgewingministerie moet krisis in Etosha erken: Calle

Die omgewingministerie se hantering van die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park is opnuut onder skoot. Kenners het reeds mislukkings in verband met brandvoorkoming en bestuur beweer, maar nou word geen opgedateerde inligting oor dieresterftes en huidige toestande verskaf nie. Onstellende foto's van 'n olifant met erge derdegraadse brandwonde…
1 Oct 10AM 1 min