Namfisa betaal amper N$12m in 2024 aan klaers terug

Loading player...
In 2024 het die Namfisa 358 uit 373 verbruikersklagtes opgelos en 11,8 miljoen Namibiese dollar in uitbetalings aan 87 klaers verseker. Dit is volgens die owerheid se jaarverslag vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die nie-bank finansiële instellingssektor veerkragtigheid getoon het gedurende die oorsigtydperk.
29 Sep 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Loopbaanweek vandag en môre in hoofstad

Field Ready sal amptelik sy Namibiese Werkbaarheidsplatform bekendstel tydens Nasionale Loopbaanweek 2026, wat vandag en môre by die Mercure Hotel in Windhoek plaasvind. Die digitale platform is ontwikkel om jong Namibiërs te help om werkbaarheidsvaardighede te ontwikkel deur toegang tot bedryfsgerigte opleiding, digitale leerpaaie en verbindings met werkgewers in sleutel-ekonomiese…
4 Mar 11PM 1 min

NHE het wesenlike uitdagings

Die Nasionale Behuisingsonderneming het onder hernieude kritiek deurgeloop nadat hulle slegs 112 huise in die afgelope finansiële jaar voltooi het, ver onder sy ambisieuse teiken van 5 000 huise per jaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige uitvoerende hoof van die onderneming, Mike Kavekotora, die teiken…
4 Mar 11PM 1 min

ITB Berlin sluit vandag af, Namibië goed bemark

Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af en Namibië is goed verteenwoordig. Byna 6 000 uitstallers van meer as 160 lande het duisende besoekers hanteer. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 'n verskeidenheid plaaslike toerisme-ondernemings en toeroperateurs. Elzanne McCulloch, die…
4 Mar 11PM 1 min

Steenkamp warm onder die kraag na rassistiese opmerkings deur Nudo

Die parlement het Woensdag vroeg verdaag te midde van chaos, na opmerkings oor nasionaliteit en identiteit gerig aan adjunk-onderwysminister Dino Ballotti deur Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu. Dit het gebeur toe die IPC se Imms Nashinge, leier van die amptelike opposisie in die parlement, sy bydrae tot die verkrygingswetsontwerp gelewer het. Balotti…
4 Mar 10PM 1 min

VSA ondersoek aanval op skool in Iran

Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het Woensdag tydens 'n perskonferensie gesê die departement van verdediging ondersoek die kwessie van 'n laerskool vir meisies in Iran wat deur missiele getref is en waar 175 mense gesterf het. Sy het geantwoord op 'n vraag of Amerika die skool geteiken het. Luister…
4 Mar 10PM 1 min