Etosha: Vuur kan goed wees maar herstel vat baie lank

Loading player...
Die weeklange brand in Etosha Nasionale Park het nie net plaaslik hooflyne gemaak nie maar is ook internasionaal berig. Meer as ‘n miljoen hektaar is afgebrand en owerhede loop deur oor hul trae reaksie daarop. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, professor Morgan Hauptfleisch gepraat oor die impak op die ekologie.
29 Sep 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Loopbaanweek vandag en môre in hoofstad

Field Ready sal amptelik sy Namibiese Werkbaarheidsplatform bekendstel tydens Nasionale Loopbaanweek 2026, wat vandag en môre by die Mercure Hotel in Windhoek plaasvind. Die digitale platform is ontwikkel om jong Namibiërs te help om werkbaarheidsvaardighede te ontwikkel deur toegang tot bedryfsgerigte opleiding, digitale leerpaaie en verbindings met werkgewers in sleutel-ekonomiese…
4 Mar 11PM 1 min

NHE het wesenlike uitdagings

Die Nasionale Behuisingsonderneming het onder hernieude kritiek deurgeloop nadat hulle slegs 112 huise in die afgelope finansiële jaar voltooi het, ver onder sy ambisieuse teiken van 5 000 huise per jaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige uitvoerende hoof van die onderneming, Mike Kavekotora, die teiken…
4 Mar 11PM 1 min

ITB Berlin sluit vandag af, Namibië goed bemark

Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af en Namibië is goed verteenwoordig. Byna 6 000 uitstallers van meer as 160 lande het duisende besoekers hanteer. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 'n verskeidenheid plaaslike toerisme-ondernemings en toeroperateurs. Elzanne McCulloch, die…
4 Mar 11PM 1 min

Steenkamp warm onder die kraag na rassistiese opmerkings deur Nudo

Die parlement het Woensdag vroeg verdaag te midde van chaos, na opmerkings oor nasionaliteit en identiteit gerig aan adjunk-onderwysminister Dino Ballotti deur Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu. Dit het gebeur toe die IPC se Imms Nashinge, leier van die amptelike opposisie in die parlement, sy bydrae tot die verkrygingswetsontwerp gelewer het. Balotti…
4 Mar 10PM 1 min

VSA ondersoek aanval op skool in Iran

Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het Woensdag tydens 'n perskonferensie gesê die departement van verdediging ondersoek die kwessie van 'n laerskool vir meisies in Iran wat deur missiele getref is en waar 175 mense gesterf het. Sy het geantwoord op 'n vraag of Amerika die skool geteiken het. Luister…
4 Mar 10PM 1 min