
BoN stel nuwe note, munstukke in sirkulasie
Loading player...
Die Bank van Namibië het amptelik die eerste nuut opgegradeerde banknote en 'n herontwerpte muntreeks aan die publiek vrygestel. Dit is die eerste groot hersiening van die land se geldeenheid in meer as 30 jaar. Die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, het die publiek gewaarsku teen die beskadiging en vervalsing van die geldeenheid.