Boere Oktober Fees 2025 help om broodnodige fondse in te samel vir die President Steyn-skool Bloem

Loading player...
Die Steyner Boere Oktober Fees Week aangebied deur President Steyn-skool, geborg deur Human Auto vind 16 tot 18 Oktober 2025 plaas by Be Human buite Bloemfontein. Op Donderdag, 16 Oktober, klim groot name in die ring tydens die Bokke Fight Night. Oud-Springbokke Ollie le Roux en James “Bullet” Dalton pak mekaar. Die volgende aand, Vrydag, 17 Oktober 2025, is dit Ladies Night, met Steve Hofmeyr op die verhoog asook OFM se Shandor Potgieter wat teen ’n geheime teenstander te staan kom. Saterdag, 18 Oktober beloof pret vir die hele gesin met Appel op die verhoog, saam met Daniel Wesley, Ryk Kleynhans, Belinda & Amy, en die Grey College Boere Orkes!

Onderwysers Bianca Esterhuizen en Dricus Kotzé sluit by Yolanda Maartens aan met al die besomderhede oor vanjaar se Steyner Oktober Feesweek. OFM is die trotse mediaborg van die Boere Oktober Fees Week aangebied deur President Steyn-skool, geborg deur Human Auto.
1 Oct 2025 12PM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Die 26ste Kloppers Marathon vind plaas in 2026!

Bemarkingsbestuurder by Kloppers, Mel Mulder, sluit by Yolanda Maartens aan om hul opwinding te deel oor die 26ste Kloppers Marathon wat die 7de Februarie plaasvind. Daar is nuwe roetes, ‘n nuwe venue by Sentraal en die marathon word vanjaar in samewerking met die Pentagon Pistols hardkloopklub aangebied. Aanlyn inskrywings is…
29 Jan 4AM 3 min

Immunadue – ‘n Natuurlike aanvulling wat ook jou begroting sal pas!

Immunadue gee jou al die daaglikse ondersteuning in één bottel – met vitamiene, minerale en antioksidante. Kyk uit vir die een met die pers prop! Bemarkings Direkteur van Star Choice Marketing, Schalk Mulder sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel hoekom natuurlike bestandele beter is as chemise produkte en…
20 Jan 5AM 4 min

KYB Academy ondersteun hul studente wat afstudeer met ‘n GRADS-program

KYB Academy is ’n vooruitstrewende opleidingsinstansie in Potchefstroom wat daarop fokus om jongmense toe te rus vir werksgeleenthede met relevante, praktiese beroepsopleiding. TEPP Program Administrateur by KYB Academy, Theuns Bruce-Smith, sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor hul TEPP programme so wel as wat hul instansie van die…
19 Jan 10AM 3 min