Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik

Loading player...
In hierdie week se KLETS raak ons bietjie meer ernstig, maar moenie worry nie, dis steeds met n bietjie lag, lewenslesse en ’n paar nuwe woorde wat selfs Matthys en Colene moes Google.

Ons KLETS met Petra Labuschagne van PGL Trustees oor iets wat almal weet hulle móét doen, maar aanhou uitstel - jou testament.

Petra bring haar regskennis én empatie na die tafel en verduidelik hoekom jou testament nie net vir rykes of oumense is nie, dis vir almal wat iets of iemand liefhet. Sy vat ons deur die regte en verpligtinge wat saam met testamentêre dokumente kom, hoe jy jou wense duidelik neerskryf, en hoekom ’n testamentêre trust so belangrik is – veral as jy minderjarige kinders het of digitale bates besit wat nie sommer net “verdwyn” as jy nie meer daar is nie.

Petra verduidelik die invloed van huwelike en regimes, die waarde van 'n lewende testament, en selfs hoekom dit slim is om jou begrafniswense neer te pen - want dis die een geleentheid waar jy beslis nie self gaan opdaag nie.

Petra deel ook haar ervaring met internasionale boedels en die realiteite van moderne lewe, waar e-posse, kripto en wolkrekeninge nou deel van jou nalatenskap is.

Van die wetlike fynskrif tot die lewensgroot vrae, hierdie episode help jou om oor moeilike dinge te praat sonder om moedeloos te raak met die nodige deernis, insig en ’n tikkie humor.

Want as jy nie jou storie self neerskryf nie, gaan iemand anders dit vir jou doen en hulle spel dalk jou naam verkeerd.

Kontak Petra Labuschagne by:
- https://pgltrustees.co.za/
- petra@pgltrustees.co.za
- 012 342 1240
8 Oct Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min

Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en…
10 Sep 1 hr 10 min

Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal

Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos…
3 Sep 59 min