Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .

Loading player...
Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap.
Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het elkeen van ons se topdrielys vir die beste Bok van die reeks gehaal. Kan jy raai wie dit is?
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
8 Oct 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
28 Jan 27 min

Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’

In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir…
21 Jan 22 min

2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê

In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek…
10 Dec 2025 28 min

Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd

Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . . Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16…
3 Dec 2025 18 min