
Goud sal nog vir 'n tydjie baie hoog bly
Loading player...
Goud het die week vir die eerste keer bo 4 000 Amerikaanse dollar per fynons gestyg te midde beleggers die veilige hawe aangekoop het om dekking te soek teen toenemende geopolitieke onsekerheid. Tradisioneel word goud as 'n waardebewaarder gedurende tye van onstabiliteit beskou. Kosmos 94.1 Nuus het met bekende Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gepraat wat sê dit kan nog vir 'n paar weke hoog bly. Hy verduidelik.