Tamatie- en binnekort druiwe-produsente lamgelê, SA-grens is toe

Loading player...
Namibiese groente- en vrugteprodusente is in 'n penarie aangesien uitvoere na Suid-Afrika sedert 18 Augustus opgeskort is. Suid-Afrika het alle uitvoerpermitte teruggetrek weens nie-nakoming van sanitêre vereistes aan Namibië se kant, maar pogings deur Namibië om bilaterale gesprekke te begin voer, het vasgeval. Die landbouministerie sê dat hulle steeds wag vir hul Suid-Afrikaanse eweknieë om die probleem te help oplos. Die ministerie se woordvoerder Simon Nghipandulwa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
10 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran het nuwe, kreatiewe uitdaging

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië stuur vandag die Cran Tech Challenge van stapel. Die uitdaging is 'n platform wat ontwerp is om kreatiwiteit aan te wakker en jeugdeelname te bevorder deur Namibiese burgers en permanente inwoners van 18 tot 35 jaar oud uit te nooi om operasionele of prototipe-fase oplossings in…
20 Oct 1AM 1 min

Mbalula sê die ANC word onregverdig geteiken

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party moet sy integriteit verdedig en voer aan dat president Cyril Ramaphosa onregverdig geteiken word, selfs oor klein goedjies soos om verby 'n man te draf wat met oortredings verbind word. Mbalula het in Mpumalanga gesê korrupsiebewerings word gebruik om die ANC…
20 Oct 1AM 1 min

Menstruasie-armoede belemmer meisies se vooruitgang

Kommer het weer opgeduik oor die gebrek aan sanitêre doekies vir skoolmeisies. Dit is te midde van die onthulling dat die regering tans slegs 15 Namibiese dollar per meisie, per jaar aan sanitêre doekies bestee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se redakteur, Brigit Rudd, wat sê menstruasie-armoede…
20 Oct 1AM 1 min

GRN-aanstellings: Daar's ander maniere om geld te spaar

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag 'n moratorium ingestel op die werwing…
20 Oct 12AM 1 min