
Nog reënweer op pad
Loading player...
Die eerste druppels val vanoggend in die sentrale gebied en volgens weerkenner George van der Merwe kom daar nog. Hy voeg by dat daar 'n veldbrandgevaar bestaan, veral vandag, weens die ontwikkeling van donderstormselle wat met blitse en sterk wind sal gepaardgaan. Vog sal egter van Angola af bly invloei en volgende week is daar 'n goeie kans vir reën.