
Olie kan nog verder daal - ontleder is versigtig optimisties
Loading player...
Oliepryse het oor die naweek tot multi-maande laagtepunte gedaal namate die mark gereageer het op die vredesooreenkoms in Gaza. Die kommoditeit het die week net bo 62 Amerikaanse dollar afgesluit. Die Opul-plus aankondiging van 'n beskeie produksieverhoging in November het ook tot die daling bygedra. Ekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy steeds versigtig optimisties is dat oliepryse verder sal daal.