
Amupanda se herstel na operasie vorder goed
Loading player...
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is tans in Johannesburg waar hy onlangs 'n operasie naby sy nier ondergaan het. Amupanda sê hy is daar omdat die mediese tegnologie en tegnieke wat benodig was nog nie in Namibië beskikbaar is nie, 'n probleem wat hy sê hy beplan om aan te spreek. Woordvoerder George Kambala sê aan Kosmos 94.1 dit gaan goed met sy herstel.