
Olie: Geleentheid of oorskatte potensiaal?
Loading player...
'n Gevallestudie met die titel “Olie in Namibië: Ekonomiese geleentheid of oorskatte potensiaal?” is onlangs vrygestel deur Climate Strategies en Salzburg Global, saam met die Instituut vir Openbare Beloeidsnavorsing, IPPR. Volgens die verslag loop die land se strewe om 'n beduidende olieprodusent te word, die risiko om sy vordering na 'n lae-koolstof-, inklusiewe en volhoubare toekoms in gevaar te stel. Daar word gewaarsku dat Namibië die langtermyn ekonomiese voordele van olie kan oorskat, gegewe die onsekerheid rondom finale beleggingsbesluite en die verwagte afname in die wêreldwye vraag na fossielbrandstowwe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die verslag se skrywer, die instituut se Dietrich Remmert, wat 'n oorsig van die hoof-bevindinge gee.