
Klein venster om vredesproses in Gaza te verseker
Loading player...
Al die lewende gyselaars is deur Hamas vrygelaat en daar heers groot vreugde in Israel en baie hoop in Gaza soos duisende gevangenes vandag huis toe sal gaan. Maar, die voormalige Britse nasionale veiligheidsadviseur Lord Peter Ricketts sê hoewel dit 'n dag is om die vrylatings te vier, is daar ook 'n nou venster om te verseker dat die wapenstilstand voortduur. Die tweede fase begin vandag.