#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Loading player...
Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer oor sy groot skuif na Nieu-Seeland, hoe hy daar uiteindelik sy unieke klank gevind het, en die manier waarop hy nou die Afrikaanse kultuur aan ’n internasionale gehoor bekendstel. Hulle gesels ook oor die titel-lied en hoof enkelsnit “Jy Weet”, en vat dit terug na die ikoniese MK-era waar sy musiekreis begin het met "Hou My Vas".
7 Oct 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus met Venita - Likkewaan | 22 Jnauarie

Hierdie week vir #ALT-Uitkyk stel Venita jou voor aan 'n kunstenaar wat nog 'n ver pad met sy musiek gaan loop. Likkewaan is net so uniek soos sy naam! Hy gesels oor hoe hy sy "studio" in sy kamer ingerig het en met harde werk en vasberadenheid seker gemaak dat…
22 Jan 18 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Geel | 20 Januarie

Esmarie en Abigail is twee dinamiese musiekante en saam is hulle GEEL. Hulle vertel vir Venita hoe 'n vakansie gereel deur hulle mans gelei het na die beste wegbreek vir kreatiwiteit om te vloei. Dis daar waar hulle enkelsnit, 'DIESELFDE BLY' onstaan het.
20 Jan 24 min