
Reuse N$16,1 miljard nodig vir universele gesondheidsdekking
Loading player...
Namibië benodig na raming 16,1 miljard Namibiese dollar om Universele Gesondheidsdekking teen 2030 te bereik. Die syfer is vandag aangekondig tydens die bekendstelling van die lynministerie se nuwe strategiese plan en Universele Gesondheidsdekkingbeleid. Die fondse is bedoel om sleutelgebiede soos gesondheidsorgpersoneel, infrastruktuur, mediese toerusting, ambulansdienste en algehele dienslewering te versterk. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Penda Ithindi, het meer.