
'n Brandblusser vir elke huishouding - Ngurare
Loading player...
Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep op rampbestuur-belanghebbendes gedoen om te verseker dat elke huishouding toegerus is met 'n brandblusser, om die risiko van skade tydens brandverwante noodgevalle te verminder. Hy het Maandag by die herdenking van die Internasionale Dag vir Ramprisikio-vermindering by die VN-plaza gepraat. Vanjaar se geleentheid is gehou onder die tema “Befonds veerkragtigheid, nie rampe nie.” Dit is aangebied deur die Kantoor van die Eerste Minister, in samewerking met die Stad Windhoek en ander ontwikkelingsvennote. Ngurare is aan die woord.