
Trump is g'n redder nie - Israeliese opposisie
Loading player...
Te midde van vreugde in Israel en Palestynse gebiede oor die vrylating van gyselaars asook aangehoudenes uit Israeliese tronke, is nie almal gelukkig oor die politiek nie. Opposisie-politici in die Knesset het geprotesteer tydens Trump se toespraak, en ten minste een persoon is uit die saal verwyder. Ofer Cassif, een van die Knesset-lede wat protes aangeteken het, het aan SkyNews gesê dat daar na Trump verwys word as 'n redder, maar hy is nie.