
FIMA, Namfisa en mediese fondse - Kenner sê daar is kommer
Loading player...
Na aanleiding van die jongste waarskuwings oor die FIMA-wet, sê bestuurskenner Pius Dunaiski dat Namibië versigtig moet wees. Met Namfisa wat probeer verhoed dat mediese fondse sleutelbedrywighede uitkontrakteer, waarsku die land se grootste fondsadministrateurs dat dit die bedryf kan verlam, werksgeleenthede in gevaar kan stel en die publiek se toegang tot private gesondheidsorg ernstig kan benadeel. Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die dispuut oor die voorgestelde uitkontrakteringsbeperkings is nie net tegnies van aard nie.