
Sibiya sê WhatsApp-boodskappe is vals
Loading player...
Die geskorste adjunk-nasionale kommissaris van Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, het aan die parlement se ad hoc-komitee gesê WhatsApp-boodskappe wat hom verbind met die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde, is vals. Sibiya beskryf sy verhouding met Mchunu as streng professioneel. Hy sê hy het onafhanklik die kansellasie gelas van Vusumuzi “Cat” Matlala se Medicare24-tender, wat voor sy ampstermyn toegeken is, na aanleiding van kommer oor die wettigheid daarvan: