
SA se Padongelukkefonds in wese bankrot
Loading player...
ActionSA sê hy is bekommerd dat die Padongelukkefonds heeltemal bankrot is met onopgetekende laste van meer as 500 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dis byna ʼn vyfde van die nasionale regering se totale jaarlikse begroting. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê laste wat nie aangeteken is nie, is een van die ernstigste finansiële wanvoorstellings by enige staatsinstelling in demokratiese Suid-Afrika. Hy sê die fonds se voormalige uitvoerende raadslede moet aangekla word van pligsversuim: