
Savanna stel nie nou belang in Noorse uitvoere nie
Loading player...
Savanna Beef rig sy visier op Europese markte na die bywoning van die 2025 Anuga Food Fair in Keulen, Duitsland. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het uitvoerende hoof, Ian Collard, bevestig dat die maatskappy nie sal aansoek doen vir 'n deel van Namibië se Noorse beesvleiskwota van 1 600 metrieke ton vir 2026 nie, maar eerder sal kies om geleenthede in lande soos die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Italië en Frankryk te ondersoek.