
Drie vermeende polisiemoordenaars agter tralies
Loading player...
Drie vermeende polisiemoordenaars is gisteraand in Johannesburg in hegtenis geneem vir moord, poging tot moord en gewapende roof. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê verlede maand het adjudant-offisier Jabulani Mabuza se meisie voertuigprobleme ondervind op die Benrose-wes-oprit. Sy sê die klaer het toe vir Mabuza gebel om haar te help en net toe die sleepwa opdaag om die voertuig te sleep, is hulle oorval deur onbekende gewapende verdagtes: