
Vrystellings van tenderprosesse laat gevaarklokke lui
Loading player...
Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se nuutste verslag oor openbare verkryging is die wydverspreide gebruik van vrystellings om mededingende tenderprosesse te omseil, hoofsaaklik polities gedrewe. Die Swapo-party se manifes-implementeringsplan vereis wat effektief neerkom op die oorbenutting van vrystellings om die beoogde uitkomste te bereik wat in die ontwikkelingsraamwerk tot 2030 uiteengesit is. Die outeur van die rapport, Frederico Links, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en wys die gevare van vrystellings uit.