IPC se Mouton beweer korrupsie by NBC in NV

Loading player...
Beweerde korrupsie by die nasionale uitsaaier is in die Nasionale Vergadering na vore gebring. Volgens die IPC-parlementslid John-Louw Mouton is die NBC agterstalig met belastingbetalings terwyl bestuurders by die uitsaaier die wêreld vol rondrits. Mouton het die inligtingministerie kennis gegee van vrae wat op 16 Oktober beantwoord moet word, al is die NV agter met vrae-en-antwoord sessies. Louw is aan die woord.
14 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar is goeie werk wat KI nie kan doen nie

Kunsmatige intelligensie is in die kollig nadat Amerikaanse militêre spanne Anthropic se KI-bot Claude gebruik het vir militêre intelligensie voor die aanval op Iran. Dit bring kommer oor werksekerheid weens KI weer na vore. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Tim Parkhouse gepraat wat raad gee vir jong werksoekers.
3 Mar 10AM 1 min

Mugabe Jnr. se borgaansoek weer uitgestel

Die Alexandra-landdroshof in Johannesburg het die borgtogaansoek van die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine, en sy medebeskuldigde, Tobias Mugabe Matonhodze, tot Donderdag uitgestel weens uitstaande dokumente en kragprobleme. Die twee word aangekla van poging tot moord en regsverydeling na 'n skietvoorval by hul huis in Hydepark…
3 Mar 10AM 1 min

Rehoboth inwoners, kom skenk bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië sal môre 'n bloedskenk-veldtog in Rehoboth aanbied. Die kliniek sal van 11-uur die oggend tot 6-uur die namiddag by die Hermanus van Wyk-saal gehou word. Die diens se opvoedkundige beampte, Frieda Vatileni-Asino, doen 'n beroep op inwoners om in groot getalle op te daag om lewens…
3 Mar 9AM 1 min

Chaos in NV na Ballotti op AR-leier Amupanda skree

Chaos het in die parlement uitgebreek toe AR-leier Job Amupanda met adjunk-onderwysminister Dino Ballotti gebots het, nadat Balloti vir hom geskree het om sy sitplek in te neem. Amupanda het duidelikheid gesoek oor waarom parlementêre reëls na bewering nie nagekom word nie. Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo,…
3 Mar 9AM 1 min