
Vredesplan wankel effe, Israel sny hulp, skiet Palestyne dood
Loading player...
Israel sal volgens berigte nie die Rafah-grensoorgang tussen Gaza en Egipte vandag heropen nie en sal die vloei van hulp na die gebied verminder. Reuters berig die besluit het gekom nadat Hamas Maandag net vier van die gestorwe 28 Israeliese gyselaars se liggame terugbesorg het. In Gaza het die Palestynse burgerlike verdediging aan die BBC gesê dat sewe mense in twee afsonderlike voorvalle deur die Israeliese weermag doodgeskiet is. Die weermag sê dit het op mense gevuur wat die lyn waarheen troepe onttrek het, oorgesteek het. Intussen berig Sky se Midde-Ooste korrespondent Adam Parsons uit Jerusalem dit sal moeilik wees om al die gyselaars se oorskot te herwin.