
Baynes is op Himba se voorvaderlike grond
Loading player...
Gemeenskapslede in die Kunene-streek opper teenkanting teen die Baynes Hidroëlektriese-projek. Meer as 'n duisend inwoners van die streek, meestal van die Orokaue, Omaanda en Omuhonga nedersettings, het 'n petisie daaroor ingedien. Volgens 'n plaaslike navorser, Alphons Koruhama, is die dam se terrein op voorvaderlike grond. Kosmos 94.1 Nuus het met Koruhama gepraat, wat sê die inwoners is nie soseer teen die ontwikkeling gekant nie, maar wil deel wees van konsultasies.