
Sauma hou jaarvergadering op Aranos
Loading player...
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, maak reg vir hulle jaarlikse vergadering in Aranos vandeesweek. Uraanontginning deur in-situ loging is gereeld in die nuus, veral met die regering wat nie eens is oor of eksplorasie toegeaat moet word nie. Headspring Investments wag nog vir terugvoering van die ministerie om hulle omgewingsklaringsertifikaat te hernu. Wolfi Teichert, die vise-voorsitter van Sauma, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en moedig lede aan om die jaarvergadering by te woon.