Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Loading player...
Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar.

In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die onophoudelike gedruis van tegnologie wat jou brein nooit laat afskakel nie.

Ons KLETS oor hoe tegnologie ons kommunikasie, aandag en empatie verander het en hoekom menslike gesprekke nou belangriker is as ooit.

Maar dis nie net die persoonlike stres wat tel nie. Suid-Afrika se politieke landskap bly ’n movie. Ons kyk na die Madlanga-kommissie en die Parliament Ad Hoc Committee, die soort stories wat jou laat wonder of enigiemand nog weet wie vir wie of wat verantwoordbaar is.

Leierskap, daardie groot woord wat al hoe meer soos ’n meme voel, is onder die vergrootglas. Wat beteken dit om ’n leier te wees in ’n land waar korrupsie, beloftes en toeskouers die politiek oorheers? En in ’n wêreld waar Donald Trump "vrede maak” in die Midde-Ooste. Is Trump op hierdie stadium die toonbeeld van leierskap, of net nog ’n hoofstuk in die politieke sirkus van die eeu?

Ons KLETS ook oor die krisis in universiteitslewe, waar Fort Hare Universiteit onlangs skade gely het - nie net fisies nie, maar ook simbolies. Dis ’n herinnering dat kennis, integriteit en vrae vra nie net akademies is nie, maar noodsaaklik vir die toekoms van ’n nasie.

En te midde van al hierdie geraas bly een ding duidelik: die soeke na waarheid. Dis moeilik, ongemaklik, soms gevaarlik – maar dis nodig. Want sonder waarheid is daar geen toekoms nie.

Dis ’n episode oor stres, tegnologie, politiek, opvoeding en die menslike gees se ongelooflike vermoë om steeds op te staan.

Oktober is dalk moeilik. Maar dis ook die maand waarin ons onsself herinner: jy kan nie altyd die wêreld beheer nie, maar jy kan kies om teen korrupsie, teen leuens en teen wanhoop op te staan.

So haal diep asem. Dis tyd om weer te KLETS – oor die dinge wat saak maak.
15 Oct Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min

Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en…
10 Sep 1 hr 10 min