
Cyril gesels oor korrupsie bekamping
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie moet die oppergesag van die reg erken en 'n behoorlike proses volg. Hy het tydens vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies die vordering uitgelig wat die Spesiale Ondersoekeenheid, die Valke en die Ondersoekdirektoraat teen korrupsie gemaak het met inhegtenisnemings, vervolging en die herwinning van gesteelde bates. Ramaphosa sê enige kabinetslid wat van 'n ernstige misdaad aangekla word, moet opsy staan tot die ondersoek afgehandel is: