
Navo vergader vandag in Brussel
Loading player...
Navo vergader vandag in Brussel en daar word verwag dat nog hulp aan die Oekraïne bewillig sal word. By ‘n beraad vroeër vanjaar het lede opgestaan en 2 miljard Amerikaanse dollar in wapenaankope by die VSA vir die Oekraïne bewillig. Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het die VSA bedank vir die stap wat lede gedwing het om toe te tree in die Oekraïne se verdediging.