
Baanbrekende ooreenkoms vir gesondheid met Botswana
Loading player...
Namibië en Botswana het kragte saamgesnoer om gesondheidsorg-lewering te verbeter en 'n mylpaalooreenkoms tydens die Presidensiële Spitsberaad van die Bi-Nasionale Kommissie onderteken. Die nuwe gesondheidsooreenkoms belowe vinniger toegang tot medisyne en laer koste deur gesamentlike verkryging. Die lynministerie se woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy ken nog nie die presiese besonderhede van die ooreenkoms nie, maar dit het reeds in werking getree.