
FIFA-president wens Bafana Bafana geluk met kwalifisering
Loading player...
Sokker: Die FIFA-president Gianni Infantino het Suid-Afrika gelukgewens met sy kwalifisering vir die 2026 FIFA-Wêreldbeker. Bafana Bafana het Rwanda met 3-0 verslaan en is bo-aan die punteleer in Groep C voor Nigerië en Benin. Suid-Afrika is die negende Afrika-span wat vir die uitgebreide 48-span-toernooi kwalifiseer, en sluit aan by Marokko, Tunisië, Egipte, Algerië, Ghana, Kaap Verde, Ivoorkus en Senegal. Infantino sê dit is 'n groot prestasie vir Bafana Bafana om hul eerste kwalifisering vir dié wêreld-pronkstuk sedert 2002 te verseker: