
RISE Mzansi ontsteld oor net 11 van polisie se 38 vliegtuie wat werk
Loading player...
RISE Mzansi sê dis ʼn groot krisis dat slegs 11 van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se 38 vliegtuie werk. Die Polisieministerie het op ʼn vraag in die Parlement gesê 27 ondergaan tans instandhouding. Die ministerie is besig om nog 15 helikopters teen ʼn geraamde begroting van 1,1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan te koop. Makashule Gana van RISE Mzansi sê die haglike toestand van die SAPD se lugvleuel voorspel niks goeds vir die stryd teen misdaad nie: