
DA bekommerd oor SA tegnologie in Russiese aanvalshommeltuie
Loading player...
Die DA sê hy het met groot kommer kennis geneem van Bloomberg-berigte dat laserafstandsmetingstoerusting wat deur die Suid-Afrikaanse firma LightWare Opto-electronics vervaardig is, van Russiese aanvalshommeltuie herwin is wat in die oorlog teen Oekraïne gebruik word. Chris Hattingh van die DA sê die party wil hê die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee se bevindinge in die LightWare-saak moet gepubliseer word in 'n dokument wat geskik is vir openbare en parlementêre ondersoek: