
ECN verduidelik kontrak vir stembriewe
Loading player...
Die Verkiesingskommissie van Namibië het die kontrak vir die druk van stembriewe vir die komende verkiesings toegeken aan die Suid-Afrikaanse maatskappy UniPrint Global, wat die laagste bod van 4,8 miljoen Namibiese dollar ingedien het. Dit is ver onder die begroting van 8,9 miljoen dollar. ECN-woordvoerder De Wet Siluka sê die maatskappy sal 1 817 100 stembriewe vir streeksrade en 912 700 vir plaaslike owerhede druk. Twaalf maatskappye het boddokumente gekoop, maar slegs vier internasionale firmas het 'n bod ingedien. Siluka het meer.