
Politieke partye kap ECN oor stembrief-druk besluit
Loading player...
Politieke partye het 'n dringende perskonferensie saamgeroep om hulle misnoë uit te spreek teenoor die Verkiesingskommisie. Die kommissie het in 'n vergadering aan die partye gesê hulle gaan nie betaal vir die partye om Suid Afrika toe te gaan om die druk van die stembriewe te monitor nie. Partye moet op hulle eie onkoste die reis maak. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, verduidelik.