
Rassie verwag taai stryd teen Japan
Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die kragmeting met Eddie Jones se Japanse span op Wembley in Londen op 1 November gaan taai wees. Suid-Afrika speel op die jaareind-toer ook in Parys teen Frankryk, in Turyn teen Italië, in Dublin teen Ierland en in Cardiff teen Wallis nadat hulle vroeër dié maand die Rugbykampioenskaps-titel die tweede agtereenvolgende jaar gebuit het. Erasmus sê hulle speel nie dikwels teen Japan nie, maar hy verwag ʼn interessante en genotvolle wedstryd op ʼn ikoniese stadion: