
Geestesgesondheid-wetsontwerp by NV ingedien
Loading player...
Die gesondheidminister, Esperance Luvindao het 'n geestesgesondheid-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering voorgelees. Die bestaande wetgewing dateer terug na 1973. Die wetsontwerp bestaan uit 11 gedeeltes wat onder andere handel oor die regte van pasiënte sowel as gevangenes. Daar is 'n sterk fokus op gemeenskapsgebasseerde sorg, rehabilitasie en herintegrasie. Luvindao is aan die woord.