
Premier vergader met landbouminister oor wateruitdagings in Oshikoto
Loading player...
Eerste minister Elijah Ngurare het die Nasionale Vergadering verseker dat die regering dringend stappe doen om voortgesette wateruitdagings in dele van die Oshikoto-streek aan te spreek. Hy het in antwoord op 'n vraag van die IPC se Imms Nashinge, die leier van die opposisie in die parlement, gesê dat sy kantoor vandag met die landbouministerie vergader om oplossings te bespreek. Ngurare is aan die woord.