Chaos het in die parlement uitgebreek toe AR-leier Job Amupanda met adjunk-onderwysminister Dino Ballotti gebots het, nadat Balloti vir hom geskree het om sy sitplek in te neem. Amupanda het duidelikheid gesoek oor waarom parlementêre reëls na bewering nie nagekom word nie. Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo,…
Die militêre spanning in die Midde-Ooste stuur skokgolwe deur die wêreldpolitiek en -markte, met stygende oliepryse en ekonomiese onsekerheid wat die hoofopskrifte oorheers. Nader aan die huis word vrae geopper oor streeksalliansies, aangesien Suid-Afrika, Namibië se grootste handelsvennoot, vriendelike bande met Iran handhaaf. Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor André Duvenhage…
Cosatu verwelkom 'n boete van 358-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor aan 'n voormalige direkteur van Steinhoff, Stephanus Johannes Grobler opgelê het. 'n Ondersoek deur die owerheid het bevind Grobler het die Wet op Finansiële Markte oortree, veral rakende bepalings wat die regstreekse of onregstreekse vervaardiging…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is goed geplaas voor ’n veeleisende seisoen waarin die groep se diepte belangrik sal wees. Die wêreldkampioen se seisoen begin op 20 Junie in Gqeberha met ’n wedstryd teen die Barbarians voordat hulle Nasieskampioenskap-veldtog op 4 Julie op Ellispark afskop teen Engeland. Nege-en-veertig spelers…
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste handelstatistieke, die vir Januarie vanjaar, vrygestel. Handel-inkomste vir Namibië het gestyg en die handelsbalans het 'n surplus van 193 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Uraan was die mees uitgevoerde produk vir Januarie. Mirjam Shihepo, die agentskap-woordvoerder, het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.