
NamPost 'werk aan die probleme'
Loading player...
NamPost se uitrol van toelaagbetalings het deurgeloop onder skerp kritiek, na pensioenarisse ure in die son moes staan, sonder toiletgeriewe of water. In die Epupa-kiesafdeling moes bejaardes twee dae wag en sommiges is steeds nie betaal nie, en in Rundu en Okahandja was daar ook reuse-uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Joseph Teofelus, NamPost se korporatiewe kommunikasie beampte, wat sê hulle werk aan die probleme.