
Holistiese jeuggesondheid onder die loep by #BeFree
Loading player...
Die One Economy Foundation, deur sy geassosieerde programme, die #BeFree-beweging en die #BreakFree Anti-Violence-veldtog, bied vandag die eerste SparkRx Jeuggesondheid-innoveringsberaad aan. Die inisiatief, wat plaasvind by die #BeFree Jeugkampus Spark-saal in Windhoek, sal regeringsleiers, jeuginnoveerders, akademici en die burgerlike samelewing bymekaarbring om die kruispunt van geslagsgeweld en vrouemoord, seksuele en reproduktiewe gesondheid, en innovasie te ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigting se woordvoerder, Ileni Hitula gepraat.