
Roar begin vier aande van gebed, vir die land se kinders
Loading player...
Roar Namibia, 'n aanlyn gebedsgroep, begin vandag vier aande van gebed. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het groeplid Liesel Venter gesê die sessies sal gewy word aan gebed vir die land se kinders. Sy sê dat baie kinders by 'n kruispad is en ernstige uitdagings soos dwelm- en alkoholmisbruik, sowel as misdaad, in die gesig staar. Venter het meer.