
Gautengonderwys weerlê berigte oor honger kinders
Loading player...
Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy is bekommerd oor die misleidende storie in ʼn nasionale publikasie met die opskrif: “Hunger Stalks Gauteng Pupils”. Die saak hou verband met een diensverskaffer in die Nasionale Skoolvoedingsprogram in Tembisa, Ekurhuleni. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê hy het Woensdag kennis geneem dat een diensverskaffer weier om ʼn nuwe afleweringsprogram te aanvaar, met die gevolg dat kos by nege skole in Tembisa en Ivory Park nie afgelewer is nie: