Regbank sê oor landdros-aanstellings

Loading player...
Die Landdroskommissie van Namibië sê die aanstelling van 27 tydelike landdrosposte is daarop gemik om die agterstand in sake te verlig en die doeltreffendheid van die regsproses te verbeter. Daar was kritiek omdat permanente landdroste as tydelike landdroste wou optree maar, dan moes hulle bedank. Regbankwoordvoerder Victoria Hango het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die huidige permanente struktuur 104 landdroste toelaat. Dit is in 2009 tot stand gebring is en kan nie meer aan die behoefte voldoen nie. Sy sê die tesourie het in Maart 2025 die aanstelling van die 27 tydelike landdroste goedgekeur.
17 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbouministerie stel STOSAR ll se 2de fase bekend

Die landbouministerie het Vrydag amptelik die tweede fase van die Ondersteuning vir Operasionalisering van die SAOG-streeklandboubeleid, of STOSAR II, in Windhoek bekendgestel. Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se bydrae tot streekvoedselsekuriteit, mededingendheid en landbouvolhoubaarheid binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te versterk. Alfred Sikopo van die landbouministerie het meer.
18 Oct 5AM 1 min

AfriForum kla oor 'Skukuza Nasionale Park' op Google Maps

AfriForum het stappe gedoen om 'n misleidende Google Maps-inskrywing reg te stel wat die Krugerwildtuin as die Skukuza Nasionale Park beskryf. Die organisasie sê slegs die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die regsgesag om nasionale parke te hernoem, en geen sodanige verandering is in die Staatskoerant gepubliseer…
18 Oct 5AM 1 min

Ministerie 'probeer kragopwekkers aan elke polisiestasie verskaf'

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het in die parlement gesê ondanks begrotingsbeperkings maak die ministerie seker dat elke polisiestasie ten minste een kragopwekker het. Sy het gereageer op die Swapo-LP Martha Itope, wat gereelde kragonderbrekings by die Aussenkehr- en Karasburg-polisiestasies uitgelig het, en gevra het dat bystand-kragopwekkers by alle polisiestasies geïnstalleer…
18 Oct 5AM 1 min

Telecom knap toerusting op vir beter internetdiens: Theofelus

Inligtingminister Emma Theofelus het die Nasionale Vergadering ingelig dat Telecom Namibia begin het om die meeste van sy oudste en oorwerkte toerusting op te knap om netwerkdiens te verbeter. Sy het gereageer op die PDM-parlementslid Diederik Vries, wat kommer uitgespreek het oor konstante diensonderbrekings en lae internetspoed. Sy sê dat…
18 Oct 2AM 1 min

Siviele dagvaardigings vir skuld daal met 7,4%

Statistieke Suid-Afrika sê die aantal siviele dagvaardings vir skuld het met 7,4-persent in die drie maande tot Augustus gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse het met 8,7-persent gedaal teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar. Onica Mushwana van Statistieke SA sê die data toon dat minder skuldsake verwerk…
18 Oct 2AM 1 min