
So lyk planne vir padinfrastruktuur in Karas
Loading player...
Die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië is tans besig om 'n infrastruktuur ontwikkelingsforum in Lüderitz te hou. Die idee agter die forum is om die konstruksie bedryf bewus te maak van al die geleenthede vir die industrie tydens die ontwikkeling van die dorp. Lüderitz word verwag om in die volgende paar jaar groei te ondergaan weens die olie en gas moontlikhede aan die kus van die dorp. Tydens die sessie het Sophie Belete-Tekie van die Paaie-owerheid 'n oorsig gegee oor die pad infrastruktuur van die Karas-streek.