
Dis 10 jaar sedert Parys-ooreenkoms, en die wêreld is warmer
Loading player...
Climate Central, 'n onafhanklike groep wetenskaplikes wat navorsing doen oor en verslag doen oor die veranderende klimaat en hoe dit mense raak, het ‘n verslag saamegestel oor die klimaat, tien jaar na die Parys-ooreenkoms. Die visepresident vir wetenskap by die organisasie, Kristina Dahl sê een van die bevindinge is dat die wêreld nou 11 warmer dae per jaar ervaar. Dit het ‘n impak.